AS GOD PRAAT LUISTER SELFS DIE DUIWEL.
'n Baie arm vrou het ingeskakel na 'n Christelike radio program en gevra om hulp.
n AteÏs wat by 'n dokter se spreekkamer sit, hoor toevallig die versoek. Hy besluit om iets hiervan te maak. Hy skakel die radio stasie, verkry haar adres en versoek sy sekretaresse
om 'n klomp kruideniersware te koop en dit by die vrou te gaan aflewer. Sy moet egter vir die vrou vertel dat die duiwel dit gestuur het.

Aangekom by die karige huisie wat spreek van geldelike armmoede,
ontvang die ouvrou die skenking met groot blydskap en begin om dit alles weg te pak.
Verbaas vra die sekretaresse of sy dan nie wil weet wie dit gestuur het nie,
waarop die vrou antwoord: "Nee my kind, dit maak nie saak nie, want as God beveel, dan luister selfs die duiwel"
Die sekretaresse omhels die vrou en bars in trane uit. Prys die Here, want Hy is groot. AMEN!! Anon
God gives his gifts where he finds a vessel empty enough to receive them.
Coincidence is when God chooses to remain anonymous
Groete: Koekie Erlank.
Moet nie op jou probleem fokus nie, maar op God!