DIE KRUIS IS N LEWENSWYSE
N sekere man kon nie verdra dat sy rugbyspan verloor nie. Hy raak altyd so ontsteld oor sy span se foute dat hy wil moord pleeg. Hy dink toe n plan uit.

Hy sal elke wedstryd op die video masjien opneem en alleen as sy span wen, sal hy daarna kyk. Die gevolg was dat hy die spel kon geniet, want hy het geweet dat al maak hulle foute, hulle tog op die einde sou wen. Dit is hoedat ons lewe in Christus behoort te wees. Die oorwinning is klaar behaal deur Jesus aan die kruis. Laat ons elke oomblik geniet.
Die kruis is n lewenswyse. n Pad waarop liefde haat ontmoet, waar kwaad goed ontmoet, en waar die positiewe die negatiewe ontmoet. Die kruis is n pad van oorwinning met die Ewige Lewe as die wenprys.
Mag jy n geseënde Paasfees beleef.
Groete Koekie Erlank.