DIE OVERSPELIGE VROU: Geneem uit preke waarna ek luister.
Ons as mense is inherend maar “Trop diere”
Die trop, of massas, wil hê dat ons nie moet DINK nie maar VOLG.
Die overspelige vrou en haar minnaar word op heterdaad betrap. Hulle gryp haar, los hom en sleep haar na Jesus. Volgens die wet moet sy gesteing word.

Terwyl hulle haar na Jesus neem, is daar mense langs die pad wat wonder wat aangaan. Hulle hoor gerugte.
Hulle ken nie die omstandighede nie, maar almal tel klippe op en stap saam. Sy moet gestenig word.
Interessant dat Jesus nie vra waar die man is nie, dis nie nodig nie, Hy weet alles en ken die feite.
Die fariseers wil Hom vasvra, Hom dwing om iets te sê, maar al wat hy doen is buk en skryf iets in die sand.
.........Deur al die jare het niks nog verander nie. Ons hoor en luister wat mense sê. Ons weet nie regtig waaroor dit gaan nie, maar ons tel dadelik n klip op en stap saam, praat saam – reg om te gooi. Ons volg die trop.
Die genade wat Jesus aan daardie vrou betoon het, is ook vandag vir jou en my. Elkeen van ons het vandag klippe wat ons moet laat val.
Al voel jy dat jy rede het om die klip te gooi, laat ons maak soos Jesus gemaak het.
In enige geselskap, onthou Jesus se stilte. Stilte sê meer as baie woorde. In ons stilbly en nie saam praat nie, erken ons dat ons ook skuldig is. Eers dan sal ons die klippe wat ons vashou kan laat val.
n Goeie mens, is n mens wat die goeie in ander mense raaksien.
"Dankie aan al die “goeie” mense in Pongola. Mense wat verstaan en omgee vir ander"
Groete: Koekie Erlank. 11/7/2021