DIE STORMS IN ONS LEWENS
Geen mens kan n storm beheer nie. Jy kan dit nie baklei nie, jy kan net die skade probeer beheer. So het ons ook geen beheer of en wanneer daar storms in ons lewens sal losbars nie. Dit gebeur soms wanneer ons dit die minste verwag.

Die vraag dan: Waaroor het ek en jy beheer in daardie onverwagte storms? Belangrikste is miskien jou emosies. Kom ons vra vir wysheid om die
regte besluite te neem waar dit gaan oor verhoudinge, finansies, siekte, dood en so baie ander dinge.
Kom ons herrinner onsself daaraan dat God by ons is in daardie storms.
Die Psalm digter sê immers: “Al gaan ek ook deur 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: U stok en U staf dié vertroos my. Ps 23:4-6
Daar is 2 plekke waar n mens se geloof sigbaar is. By die huis en by die werk. NIE BY DIE KERK NIE.
LIFE’S ROUGHEST STORMS PROVE THE STRENGTH OF OUR ANCHORS
Geniet die naweek! Koekie Erlank
Kom ons gee liefde daar waar die storms in ander se lewens woed.