top of page

GOD IS IN BEHEER.


N persoon het een oggend die aangesig van God gesoek en alleen in die veld gaan loop. Toe hy na die hemel kyk, sien hy n klein stippeljie in die lug en hoor die bekende gekras van n visarend.

N rukkie daarna kom n swerm wilde eende en daal op die dam neer. Hulle kras en lawaai en baklei in die water. Daar broei n storm en die weerlig en donder is in die lug. Die eende raak al hoe meer opgewonde en bang. Bo in die lug sweef die arend en maak gebruik van die strom om al hoër op te styg. Hy vlieg nie, span net sy vlerke wyd. En skielik duik hy af en vang n vis en vlieg swewend weg. Salig onbewus van die weer en die vrees van die eende. So leer God aan hierdie persoon n groot les. Ons skarrel hier op aarde soos daardie eende. Bang vir elke storm. Baklei ondermekaar, praat en raas. Die arend is verhewe bo dit alles. Met die wind onder sy vlerke sweef hy rustig voort, God is in beheer.

As die storms van die lewe vir jou te veel word, waarheen gaan jy? Gaan na die PERSOON wat die winde en die storms gemaak het.

Mag jou week geseënd wees met die wete dat God ook in beheer van jou lewe is.

Groete: Koekie

17 views0 comments

Recent Posts

See All

No one ever treated Abraham Lincoln with more contempt than a man named Stanton. Stanton called him “a low cunning clown” He nicknamed him “the original gorilla” and said that Du Challah, the famous h

Post: Blog2_Post
bottom of page