top of page

GOD SNOEI ONS OM ONS ONTWIL

Wat maak n mens as jy agtergekom het jou lewensmaat is jou mindere? As jy dit nie langer vir jouself kan wegsteek nie. Jy gooi nie tou op nie. Want as n mens agtergekom het dat jou lewnsmaat die dieper deel van jou lewe nie met jou kan deel nie, en jy kry reg om dit te verwerk, maak dit die dieper deel n jou lewe nog dieper.

n Huwelik is soos n tenniswedstryd. n Amptelike wedstryd. As dit blyk dat die een speler te sterk is, word die wedstryd tog nie gestaak nie. Jy kan tog nie deur die draad hardloop die veld in nie. As jy enigsins n wyse sportman is, speel jy met grasie die spel klaar - en tree met dubbele eer uit die stryd. Ek weet nie waarom gestremde kinders gebore word nie. Ek weet nie waarom gesonde en mooi kinders soms klein sterf nie. Ek weet nie waarom onpaar mense saam in n huwelik beland nie.

Ek is nie n soetsappige idealis wat wil voorgee dat so n ongelyke paar n heerlike gebalanseerde huwelik het nie. Die wedstryd is soms eenstydig en baie balle baland in die net en oorkant die draad.

Maar ek weet, o ja, ek weet dat mense wat van so n huwelik n sukses gemaak het, beter as ander vestaan hoe Job en Naomi aan die einde van hul lewens kon glimlag, ondanks die verskrikkinge wat hulle ervaar het. Dit is nie n goedkoop geluk nie.

Mense wat n verstandelik- vertraagde kindjie moet aanvaar, doen dit ook nie sommer op een dag nie. Geen soet woordjies kan dit bewerkstellig nie. Maar as die lewe sy loop geneem, en jy jou geloof behou het, word die kind oor wie jy eers gewonder het waarom hy dan leef, n onmisbare wonder in jou lewe. Al is sy IK maar 50.

Ek verstaan dit nie, maar ek weet dit. En ek glo eenvoudig kinderlik dat ons bome in God se boord is. Hy is die Landbouer, die Boer. En Hy snoei sy bome. Hy snoei dit nie omdat Hy wreed is nie, maar om sy bome ontwil. Hy maak van ons beter bome.

Moenie jouself probeer mislei as jy jou maat se meerdere is nie. Aanvaar dit. En slyp n diamant uit hierdie klip in jou skoen en op jou bors.

En miskien, waarskynlik, sal jy dan mettertyd agterkom dat jou maat kwaliteite het wat jy vroeër misgekyk het. - J. M.


Groete - koekie erlank

24 views0 comments

Recent Posts

See All

FAMILY

Post: Blog2_Post
bottom of page