IN DIE ARENA VAN HAAT: FA VENTER
“Vandat ek n kjend was, werk ek elke dag van sonop tot sononder, winter en somer – werk la’ek vrek. Maar sal ek ooit n lappie grond op my naam hê? en n eie ploeg?
Ek vra …..... sal ek ooit op my eie katel in my eie huis kan slaap?

Tot my dood-dag toe sal ek nie n sent in die bank kan sit of n kjeend kan laat leer nie. Ek is al n groot man, maar ek het nie eers n bok op my naam nie. Al wat ek het, is n teefhond".
Dan vra Oubaas waarom ek drink. "Ek drink oor dit lekker is. Wat se plesier het ek? Niks! Net daardie sesbottel-kan. Ek suip my naweke dronk en ek vergeet alles en ek worry oor fok-all”
Alles kan n mens nie wegdrink nie. Party dinge bly daar en sak in jou af en gis daar – gis en gis. Jy voel soms iets in jou roer en wring. Jy verbeel jou dit is n bees wat soms in jou bulk. Daardie “bees” het ek eendag van naby gesien – en daardie dag moes ek soos n stiervegter omswaai. Ek het nooit verwag dat ek so skielik in die arena van haat sou uitkom nie. - n Uitreksel uit n boek van FA Venter.
Groete Koekie Erlank
"The highest form of knowledge is Empathy"