INTER-AFHANKLIKHEID.
Toe ons gebore is, was ons AFHANKLIK van ander. Ons ouers moes alles vir ons doen. Daarna raak ons ONAFHANKLIK en doen alles vir ons self. God will egter hê dat ons nie daar moet vashak nie. Ons is geroep om INTER-AFHANKLIK te wees.

“Dra mekaar se laste” leer die Woord ons. Daar is egter een ding wat belangrik is. Daar is n verskil tussen n LAS of n PAK wat elkeen van ons moet dra.
Ons moet help om mekaar se LAS te dra wat te swaar is. Maar sy PAK kan jy nie help dra nie. ......... Sy LAS is sy omstandighede, armoede, siekte, dood ens.
Sy PAK is gewoonlik te doen met dinge wat n persoon oor homself gebring het. Miskien diefstal, ontrou in die huwelik of eet en drink gewoontes wat sy gesondheid gekos het. Daardie dinge is die persoon se eie verantwoordelikheid. Vra vir wysheid en onderskeiding. Veral waar dit jou kinders aangaan. Dra hulle LAS, maar leer hulle om wyse besluite neem en verantwoordelikheid te vat vir hulle doen en late. In kort, leer hulle om hulle eie PAK dra.
Don't judge each day by the harvest you reap.
BUT BY THE SEEDS THAT YOU PLANT.
Groete: Koekie Erlank