top of page

IS JY N GETUIE?

Daar was n motor ongeluk. Twee karre het gebots. Jy het gesien hoedat die een kar oor die rooi verkeerslig ry. As getuie in die hof moet jy slegs sê wat jy gesien het. Jy hoof niemand te oortuig nie. In die hof hoof jy geen kenner van verkeersligte te wees nie. Jy hoof nie n bestuurders lisensie te hê nie. Al wat jy in die hof moet getuig, is wat jy gesien het. As ons voor mense getuig, hoof ons nie die bybel te ken nie, hoof ons nie enige bewyse te lewer nie. Ons kan net vertel wat ons in ons eie lewe beleef en gesien gebeur het. VERTEL NET JOU STORIE. Moet niks probeer bewys nie.

Stel jou voor jy is in n helikopter wat hoover oor die see en jy moet afgaan om n drenkelinge na veiligheid te help. Jou doel is om die persoon te red. Jy is nie die dokter nie, jy is net die paramedikus wat totaal afhanklik is van die helikopter bokant jou kop. So is jy en ek die predikante wat buite die kerk rondloop om aan drenkelinge die verlossings boodskap te bring. Ons kan maar net getuig en ons storie vertel, maar is totaal afhanklik van God wat bo ons in beheer is.


Jou woorde en optrede moet nie n streep deur jou getuie trek nie – maar dit wel ONDERSTREEP

Groete: Koekie Erlank

82 views0 comments

Recent Posts

See All
Post: Blog2_Post
bottom of page