top of page

KERSFEES STORIE

N seuntjie van 6 jaar kom baie onsteld by sy ouma en vra: Is daar n Kersfees Vader? My ousus het nou net vir my gesê daar bestaan nie so n iets nie.

Ouma verseker hom dat daar wel n Kersvader is. Die volgende oomblik sê sy: Kom ons gaan dorptoe. Hulle stop voor n winkel en sy gee vir haar kleinseun n R50 noot met die woorde. Gaan koop vir iemand iets wat daardie persoon baie nodig het.

Soos hy aanstap winkel toe dink hy aan sy ma en pa en susters en kan aan niks dink wat hulle baie nodig het nie. Skielik val dit hom by van Bobby, n seuntjie in hulle klas, wat altyd koud kry en nie n baadjie het nie. As dit baie koud is, kom Bobby altyd met n briefie van die huis, Sy ma skryf dan dat Bobby n slegte hoes het en dat hulle hom asb nie speeltyd uit die klas moet stuur nie. Almal het geweet dat Bobby nie hoes nie, maar dat sy ma te skaam was om te sê dat hy nie n baadjie het nie.

In die winkel soek hy na n baadjie wat Bobby sal pas. Hy gee die baadjie en die R50 noot vir die dame agter die toonbank. Sy kyk na nie R50 en vra of dit n geskenk is. Ja antwoord die seun. Sy gee hom die baadjie en geen kleingeld nie.

By die huis gekom het Ouma die pryskaartjie van die baadjie afgehaal en die geskenk toegedraai.

Die aand sê sy Ouma. Nou gaan ons na Bobby se huis. Daar aangekom, stop sy n entjie van die huis af. Hulle kruip weg agter n struik in die tuin. Toe stuur sy haar kleinseun om die geskenk voor Bobby hulle se voordeur te gaan neersit en die klokkie te lui.

Hulle loer deur die takke en sien hoe Bobby die deur oopmaak en die pakkie vat.

Toe hulle huistoe ry sê Ouma: Jy sien my kind, daar is baie Kersfees Vaders soos ek en jy vanaand. Mense wat omgee vir ander mense en aan hulle dink in hierdie tyd. So het God ook vir ons iets gegee wat ons baie nodig het en nie voor kon betaal nie. Hy het sy Seun Jesus op hierdie dag gegee. Die grootste geskenk wat God vir ons kon gee.

Nou moet ons in hierdie tyd aan Hom dink en vir mekaar gee wat ons kan.

Moet nooit weer dat iemand jou laat twyfel of daar n Kersfees Vader is nie. Ons moet aangaan met daardie werk wat God begin het en vir Hom instaan in ander se lewens ,veral in hierdie tyd van Kersfees.

Moet nooit weer dat iemand jou laat twyfel of daar n Kersfees Vader is nie. Ons moet aangaan met daardie werk wat God begin het en vir Hom instaan in ander se lewens ,veral in hierdie tyd van Kersfees.

Ouma is na 40 jaar oorlede en haar kleinseun het haar bybel geërf. Binne in die bybel was die pryskaartjie van daardie baadjie. Dit was nie R50 nie maar R150.

Ouma het dit gebêre sodat sy kon onthou, dat daardie dame agter die toonbank, ook op haar manier n Kersfees Vader vir iemand wou wees.

Groete: Koekie Erlank - Mag jy ook n seën wees vir iemand hierdie Kersfees.

76 views0 comments

Recent Posts

See All

A self-important college freshman walking along the beach took it upon himself to explain to a senior citizen resting on the steps why it was impossible for the older generation to understand his gene

Post: Blog2_Post
bottom of page