top of page

SOEK EERS DIE KONINGKRYK VAN GOD

Vanoggend was ek geseënd deur n vriend wat n boodskap van sy predikant in Villiers aan my gestuur het.

Die boodskap: SOEK EERS DIE KONINGKRYK VAN GOD.

Elke persoon soek na n plekkie waar hy of sy veilig kan voel. Sy eie plekkie. Selfs die boemlaar het sy plekkie. Miskien onder n brug, of net n karton waarop hy slaap. Dit is sy karton en sy plekkie.

Waar is jou plek waar jy veilig voel. Waar is jou koningkryk?

Is jy miskien in hierdie tyd ontnugter omdat omstandighede nie uitgewerk het soos jy dit beplan het nie. Is jou veilige plekkie onder jou uitgeruk? Miskien n verhouding of die dood van n geliefde. n Besigheid wat jy begin het en in hierdie grendeltyd moes toemaak.

Miskien n plaas wat jy opgebou het vir jare en wat nou verwaarloos lê.

Ons as familie het ook n klein koningkrykie gehad. Ons plasie wat langs die Mkuzi rivier hier in Kwazulu Natal gelê het. Vir so baie jare was dit ons alles. Daar het ons seun 28 jaar gelede pekanneut bome geplant wat nou, soos ons gehoop het, tonne neute sou lewer en vir ons en sy gesin op ons oudag n inkomste sou verseker.

Daardie plasie lê nou verlate. Die verwaarlooste bome word gekap vir brandhout.

n Verlore droom.

Die prediker herrinner ons in sy tweede boek daaraan dat alles tevergeefs is. n Gejaag na wind.

God verwag wel van ons om ons talente te gebruik. In die sweet van ons aanskyn ons brood te verdien. Maar ons moet daarteen waak om te wees soos die ryk dwaas waarvan Jesus ons vertel in Lukas 12:13 Die ryk man het vir homself gesê “Jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, en wees vrolik”. Maar God het aan hom gesê “Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereed gemaak het, wie s’n sal dit wees?”

Jesus self sê vandag nog vir ons “Soek eers die koninkryk van God, en al die ander dinge sal vir jou bygevoeg word”.

Hoe soek ons die koningkryk van God? Miskien deur ook hierdie boodskap aan n vriend te stuur. Hom of haar aan te moedig om ons oog te hou op ons permanente eindbestemming waar ons vir altyd veilig sal wees. Ons ewige woning wat vir ons wag. Ons plasie in die hemel waar die bome altyd vrugte sal dra. n Plekkie waar die boemelaar veilig by Jesus sal wees. Daar waar ons geliefdes vir ons wag.

Jesus sê in Joh 14:2 Ek gaan om vir julle plek voor te berei.

Groete Koekie Erlank

Dankie Steyn.

85 views0 comments

Recent Posts

See All

No one ever treated Abraham Lincoln with more contempt than a man named Stanton. Stanton called him “a low cunning clown” He nicknamed him “the original gorilla” and said that Du Challah, the famous h

Post: Blog2_Post
bottom of page