top of page

VRIENDSKAP


Vriendskap is soos die natuur. Soms waai ons bymekaar verby sonder om te stop en te vra hoekom die ander so verkreukeld lyk. Die lewe se wind dra ons weg met n oppervlakkige “Goed Dankie “ en "Sien jou later”

Soms sien ons eers baie later die rypskade aan die ander se brose binneste en wonder ons hoekom ons nie lankal gevra het nie. Soms sien ons net die lentekleur op n gesiggie raak, en is ons nie bewus van die wurm wat aan haar binneste vreet nie.

Soms wonder ons of dit die wind is wat haar wegbuig van ons af, of dit dalk die stingeltjie self is wat sy stokstywe ruggie op jou draai.


Vergewe my as ek op n lenteoggend selfsugtig met my eie nuwe blare loop en spog het en nie die kneusplekkies aan jou stingeltjie raak gesien het nie.

Vergewe my as ek op n warm somersdag nie vir jou n tydjie gemaak het nie, omdat ek te besig was, te warm gekry het, self te veel gekla het, te haastig was om aan jou die koelte van my vriendskap te bied.

VERGEWE MY: "Weet dat ek daar is vir jou, dat jy my kan vertrou" Anon


Friendship isn't a BIG thing - it's a MILLION LITTLE things!


Groete: Koekie Erlank



70 views1 comment

Recent Posts

See All

FAMILY

Post: Blog2_Post
bottom of page